Landbouweekblad

Tyd om koöperasie-waardes weer af te stof?

DIT gaan swaar in die landbousektor. Sakevertroue het in die eerste kwartaal met 5 punte verswak tot 44. Dit is die laagste sedert die tweede kwartaal van 2020 toe covid-19-inperkings die eerste keer ingestel is.

Die sakevertroue-indeks van Agbiz en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie is ook ver onder die neutrale vlak van 50 punte. Die grootste daling uit die 10 subindekse was ten opsigte van die netto bedryfsinkomste, wat met 6 punte geval het tot 61.

Die koöperasiemodel het homself egter al bewys as een manier om die landbousektor in uiters swaar tye te help, soos tydens die Depressiejare en die Tweede Wêreldoorlog. En Villiersdorp Koöperasie, beter bekend as Vilko, groei ná 100 jaar steeds, sonder om sy beginsels in te boet (sien kassie op bl. 25).

“Vilko is ’n primêre landboukoöperasie, een van net ’n paar wat in Suid-Afrika oorgebly het,” sê Ben Klindt, die hoofbestuurder. “Ons bly ’n koöperasie, want die lede wil beheer in eie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related