Landbouweekblad

‘Die moeilikheid is groot, maar ons gaan nie lê’

Sakeleier

Daar is nie tyd om “soos ’n leeu op ’n bloedkol te staan en brul nie” – sy taak is nou om die besigheid om te draai en te keer dat boere ’n kosbare instelling verloor, sê Jannie Louw, wat “toe die bomme om hulle bars”, moes inspring as waarnemende hoof van een van die laaste ware landboukoöperasies in Suid-Afrika.

Ná Henk Agenbach en Willie Goussard, onderskeidelik uitvoerende hoof en administrasiehoof by Die Koöperasie op Humansdorp, uit die bloute in Desember 2022 bedank het, is daar wyd gegis oor die redes daarvoor.

Net sowat 15 jaar ná ’n groot bedrogskandaal by Die Koöperasie is die ergste dadelik vermoed, maar die onderneming het gou die versekering gegee dat geen diefstal of geldverduistering plaasgevind het nie.

“Daar was egter ongerymdhede met die rapportering van besigheidsinligting,” was die vae verduideliking in verklarings.

“Dit is by die Valke aangemeld, maar ons kan nie nou meer uitwei daaroor nie, want dit kan die ondersoek belemmer,” is steeds al wat Jannie bereid is om op rekord hieroor te sê, agt maande ná die skoknuus.

“Ons ouditeure het ook die wanvoorstelling by Irba, die onafhanklike regulatoriese raad vir ouditeure, aangemeld. Nou moet die regsprosesse hul loop neem.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related