Huisgenoot

Hartlik en heilsaam

HOENDER en CHORIZORYS

BEREIDING EN GAARMAAK: 110 MIN. /GENOEG VIR 6 MENSE

1 groot of 2 middelslag-uie, in skywe gesny
3 rooi, oranje of geel soetrissies, ontpit en in skywe gesny
2 vet knoffelhuisies, in skywe gesny
100 g chorizo, gekap
15-30 ml (1-2 e) olyfolie
1 lourierblaar sout en peper, na smaak
250 g bruinrys, deeglik afgespoel
1 klein hoender in stukke verdeel of
6 hoenderdye met been
250 ml (1 k) wit wyn
500 ml (2 k) hoen deraftreksel
200 g kersietamaties, gehalveer
seesout en swart peper

Voorverhit die oond tot 190 °C.

1 Plaas die ui(e), soetrissies, knoffel en chorizo in ’n oondbak met ’n skeut olie – die chorizo sal sy eie vet vrystel, so jy het nie veel nodig nie. Voeg die lourierblaar by, geur met die sout en peper en meng goed. Rooster 25 min.

2 Plaas die rys in ’n kastrol, bedek met kookwater en bring tot kookpunt. Laat kook nou 20 min. of tot al dente (nog effens ferm) en dreineer.

3 Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Geur die hoenderstukke oraloor en braai in sarsies tot elke stuk aan weerskante mooi bruin is, sowat 8 min. Skep uit en hou eenkant. Alles behoort nou min of meer op dieselfde tyd bymekaar te kom: groente, rys en die hoender. As die groente of rys nog ’n paar min. langer kook, is dit in die haak.

Wanneer jy al die hoender uit die braaipan gehaal het, giet die wyn in die pan en laat met die helfte afkook – sowat 3 min. – terwyl jy die gekaramelliseerde stukkies van die basis van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Breipatrone By Dosyne
Alle breiliefhebbers, hier is Huisgenoot se nuwe Brei-uitgawe. Propvol patrone om hierdie winter af te skop sodat daar iets vir elkeen in die gesin is: truie vir peuters en kleuters, volwassenes en selfs jul geliefde brakkie. Allerlei komberse en kus
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot5 min read
’n Vuurwarm Deurbraak
IN DIE gesinskamer van die Ehlers-huishouding het Mienke en haar sussie destyds gereeld konsert gehou vir hul ouers. Hierdie huiskonserte het die 13-jarige Mienke laat besef sy wil eendag ’n aktrise word. Veertien jaar later sou Mienke (27) en haar p

Related