DIE diep lyne om sy oë laat ’n mens dink aan die kreukels in ’n padkaart wat male sonder tal oop- en toegevou is. En daardie grys in sy hare en baard spreek van langdurige blootstelling aan die son, wind en weer.
Dis die merke wat lang dae, weke en jare van reis op sy gesig gelaat het. Maar daar is ’n sagtheid daaraan, want dis getemper deur die voorreg om die langpad saam met ’n hartsmens aan te durf.
Ons praat van die gewilde reisprogram Voetspore se nomadiese pa-en-dogterspan, Johan en Nina Badenhorst.
Eintlik behoort ’n mens te sê “wielspore,” want weekliks is kykers die medepassasiers in hul konvooi van drie Land Cruisers wat landskappe,