WERNER COETSER
Elke dag is eintlik Vadersdag vir die Diepe waters-akteur. “Dis ’n dag om dankbaar te wees vir die kans om ’n pa te wees, en ook om al die manne te vier wat my die man gemaak het wat ek vandag is,” sê Werner.
Die lekkerste van pawees is die soene en drukkies wat hy vroegoggend en saans kry van sy aktrisevrou, Marijke Coetser, se seun uit haar vorige huwelik, JUWAN VAN DER, en hul dogtertjie, . “Veral as Layla my vroegoggend roep om haar uit die bed te kom optel.”