Landbouweekblad

Groter, beter, soja

KORTOM

■ Die spesialisraad oor presisieverbouing wat Danie Bester én die bekroonde Amerikaanse saaiboer Kevin Kalb vir medeboere het, is prakties en uitvoerbaar.

■ Doen alles binne jou vermoë om vir die natuur se aanslae te probeer vergoed.

Draai jou rug op die natuur en jy sien jou agterwêreld, want die natuur se invloed beloop ruim 60% by enige gewas se sukses. Alles wat met die natuur en weer te doen het, moet dus saam met ander faktore in ag geneem word wanneer ’n boer sy oes beplan, meen Danie Bester, boer van Balfour in Mpumalanga.

Tegnologie se vinnige pas wat kultivars en werktuie betref, maak groter oeste moontlik in die stryd wat terselfdertyd teen stygende produksiekoste gevoer word. Daarom is noukeurige aandag aan die basiese beginsels van gewasverbouing noodsaaklik, anders sal die oes misluk.

As die weer egter nie saamspeel nie en die reën bly weg of stort in soveel oorvloed neer dat die oes versuip, kan die boer niks daaraan doen nie. Maar as hy alles verder reg gedoen het, kan hy darem daarop roem dat hy alles in sy vermoë gedoen het om ’n suksesvolle oes te verseker.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related