Brandon Leer, ’n seun van Gqeberha in die Oos-Kaap en ’n oudstudent van die Landboukollege Cedara, woon sedert 1990 in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal vanwaar hy oor die jare vir homself naam gemaak het as afslaer. Trouens, hy is só suksesvol dat hy onlangs genooi is om wild in Texas, Amerika, tydens die jaarlikse Houston-veeskou op te veil.
Dit was sy passie