Landbouweekblad

Familiesaak se aanpasbaarheid dien landbou al 90 jaar

Klante gaan nie uit patriotisme of simpatie plaaslike produkte koop nie: Hulle weet wat in die wêreld beskikbaar is en verwag dieselfde hoë standaarde van dit wat plaaslik geproduseer word.

Daarmee saam kom daar darem voordele vir plaaslike vervaardigers, meen Carel van Niekerk junior, een van die eienaars van Piket Implemente, ’n plantervervaardiger van Piketberg.

“Ons ken die mark, ons praat die taal en verstaan die verspreidingsopsies.”

Dié vierdegeslag-sakeman van die Swartland beantwoord vrae oor hul familie-onderneming, Piket Implemente.

Piket Implemente kom van ver af...

Ja, ons besigheid is vanjaar 90 jaar oud. My oupa Hennie van Niekerk het in 1933 ’n besigheid met die naam Van Niekerk en Krupp saam met Sam Krupp, ’n Jood wie se familie uit Litaue kom, op Eendekuil tot stand gebring. Teen daardie tyd het die Van Niekerks én die Krupps reeds diep spore in die plaaslike landbou-ekonomie getrap.

My oupagrootjie Jan Carel Horak van Niekerk het reeds in die 1920’s ’n wa-en-perdekarsaak vanaf die familieplaas Winkelshoek by Piketberg bedryf. Hy het ook landbougereedskap, meulens,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related