Skryf gerus vir my oor jou sake van die hart of moeilike persoonlike kwessies. Ek beantwoord hier vrae en briewe van lesers en gee graag raad. Ek sal nie jou naam bekend maak nie en jou identiteit bly vertroulik. Skryf vir my by: Vra vir Irma, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur jou e-pos na vravirirma@gmail.com of SMS Vra vir Irma gevolg deur jou vraag na 36489.
My man se niggie, haar man en twee dogters bly al jare by ons. Die niggie is ’n alkoholis, dwelmverslaafde, smerig op haar persoon en het niks in haar lewe bereik nie. Haar man kan haar nie beheer nie. Haar dogters wil niks met haar te doen hê nie en word deur maats gespot.