Kuier

MIA SE MOORD NOG 'N RAAISEL

Ses maande gelede het Udene Botha (40) van die Paarl se lewe onherroeplik verander.Haar vierjarige dogter, Tamia “Mia” Botha, het op 25 September 2022 spoorloos verdwyn en haar lewelose liggaamis’n dag later gevind.

Mia het nog die wit hemp, swart tights en blou wol-boots aangehad wat haar ma daardie Sondagoggend met soveel liefde vir haar aangetrek het.

Sy was toe nie meer die lewenslustige, besige sonskynkind wat haar ma in die wêreld gebring en grootgemaak het nie. Haar liggaampie was gebroke; haar asemhaling en hartklop was weg; haar glinsterende oë was gesluit en haar kinderstem stil.

Weggesteel deur ’n gewetenlose moordenaar wat nou nog op vrye voete in die gemeenskap rondloop.

En teen die agtergrond van Mia se sinnelose moord, het die kollig ook weer opnuut op die moord van Tazne van Wyk (8) van Ravensmead buite Kaapstad geval, toe háár moordenaar uiteindelik in Februarie vanjaar gevonnis is. Tazne was op 7 Februarie 2020 in Ravensmead ontvoer, verkrag en haar liggaam was langs die N1 buite Worcester gelos. Haar moordenaar het nege lewenslange vonnisse gekry.

Maar waar Tazne se ouers weet hul kind se moordenaar sal nooit weer vry wees om dieselfde te doen nie, is Udene se hart swaar dat haar kind se moordenaar nog nie agter tralies is nie. Dit het ook weer die soeklig laat val op kindermoorde en dis ’n herinnering dat kinders nie veilig in ons land is nie.

Die Paarl-gemeenskap ken ook alte goed die pyn van kindermoorde, dis hoekom geregtigheid vir Mia so belangrik is vir hulle. Op 6 Januarie 2023 is Lihle Zenzile (10) van Mbekweni na bewering deur ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related