‘Beter produksie, wins — en minder tydrowend’
Eienaar: Mnr. Deon Schröder van LH Schröder Farming Trust
Vertakkings: Suikerrietproduksie
Ligging: Dalton, KwaZulu-Natal
“Ek gebruik ’n hele stel tegnologiese bestuurstelsels. Ek kan beslis nie my onderneming bedryf sonder my gespesialiseerde Cane-Pro Farmer- (CanePro) suikerriet-rekenaarsagteware nie. CanePro bestuur dinge soos my plaas se loonstaat, die databasis van landerye en produksie-insette. Met CanePro moet jy inligting met die hand invoer, wat vervelig kan wees, maar dit is ’n noodsaaklike vereiste wat talle voordele inhou.
“Meer onlangs het ek John Deere se GreenStar-presisielandboustelsel op twee van my trekkers geïnstalleer. Dit werk reeds besonder goed vir die bestuur, beheer en optekening van aspekte soos seksiebeheer op toedieningswerktuie, en vir verkeer en bedrywighede in die landerye. Van my rekenaar of slimfoon af kan ek hierdie bedrywighede intyds van ’n afstand monitor, veral om te sien waar my trekkers is, wat hulle doen en hoe produktief hulle is.
“Die sensors van die Green-Star-tegnologie lê baie van sy eie data vas en verskaf dit aan my. Daar is ’n mate van opleiding betrokke vir myself en vir die trekkerbestuurders, veral om die tegnologie korrek op te stel voor verskillende take. Ek kan uitgebreide historiese aantekeninge ontleed