Landbouweekblad

ONDERNEMING UIT NOOD GEBORE LÊ NOU DUISENDE BOTTELS IN

LIGGING

Brandvlei, Noord-Kaap

Jy bedryf Uit-die-Bottel op jul plaas, Verdun. Wat doen jy alles daar?

Verdun is nagenoeg 52 km buite Brandvlei in die Boesmanland geleë. Ons maak ’n verskeidenheid produkte, waaronder veertien soorte konfyt (soos appelkoos-, aarbei-, bloubessieen kweperkonfyt en makataanstukke) en sewentien verskillende slaaie, soos sousboontjies, kerriegroenboontjies, soetsuur-agurkies, kerriekomkommerslaai, ingelegde kwepers en verskeie soorte blatjang.

Dan bak ek ook kleinkoekies (soetkoekies, gemmer-, klapperen vlakoekies), hertzoggies en kolwyntjies wat Uit-die-Koekieblik genoem word om die twee produkte aanmekaar te verbind. Ek lewer die kleinkoekies net op bestelling en die hertzoggies en kolwyntjies aan twee sake-ondernemings op Brandvlei.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related