Huisgenoot

AS DIE DOOIES ‘LEWE KRY’…

DIS nie ’n gedagte waarby die meeste mense graag stilstaan nie, maar ons almal weet dit gebeur – omdat die dood deel van die menslike kondisie is, is die verlies van ’n geliefde ’n wrede en onvermydelike ding waardeur ons almal in die gesig gestaar word.

Selfs met die vooruitgang in tegnologie kan ons steeds nie mense uit die dood opwek nie. Maar tegnologie bied wel ’n paar strelende pleisters. Dit maak ons nagedagtenis aan die dooies helderder deur ons herinneringe op foto’s of in video’s digitaal te versamel en te berg.

Maar nou begin party maatskappye ook om kunsmatige intelligensie te gebruik om lewensgetroue afbeeldings te skep van die geliefdes wat ons verlaat het. Anders as foto’s kan dié afbeeldings praat en interaksie met ons hê.

Die app HereAfter AI moedig gebruikers byvoorbeeld aan om hulself op te neem terwyl hulle oor hul lewe praat. Die opnames word georden om ’n “Life Storyavatar” te skep. Dit is ’n afbeelding van die gebruiker wat in digitale vorm voortleef. Nadat jy dood is, kan mense jou avatar vrae vra, en dit (oftewel jy) sal dan op hul vrae kan reageer. Jou agteragterkleinkinders kan jou (of is dit eintlik jou avatar?) in die toekoms vra hoe die lewe in die pandemie was, wat jou laat lag het, wat jy die meeste berou het.

Nog so ’n diens, StoryFile, doen iets

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related