SARIE

IN VOLLE blom

“’n Spektakel van skoonheid.” Só het beoordelaar Franz Gräbe dié jongste reeks van Die groenste vingers op kykNET beskryf.

Nuwe temas, ongewone blomkeuses, moeilike konstruksies, uit-die-boks-uit-opdragte en selfs ’n paar lokvalle . . . 15 bloemiste van 24 tot 60 jaar het in die tweede seisoen van die bloemistewerklikheidsreeks voor al dié uitdagings te staan gekom – en met hul passie, aanslag en talent almal se asems weggeslaan.

Die laaste drie finaliste, Stefan Smuts van Pretoria, Monique Ritson van Bellville en Willem van Schalkwyk van Franschhoek, moes in die laaste episode elkeen ’n blomrok (’n tutu met ’n gedetailleerde korset) skep. Stefan het as wenner uit die stryd getree.

Fanie Cronjé, SARIE se stylredakteur wat in dié episode ’n gasbeoordelaar was, sê: “Dit verskaf my baie vreugde wanneer mense kreatief is, en ek was so beïndruk met die drie. Om blomrokke te maak is seker van die moeilikste goed wat daar is, dit is ’n uitdaging vir baie professionele mense, maar hulle het dit so goed reggekry.”

Die aktrises Vashti Prins (Stefan), Cindy Swanepoel (Monique) en Marlee van der Merwe

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Skoen Prag
Loopplankfoto’s Getty Images, produkfoto’s verskaf ■
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It

Related