Landbouweekblad

Avonturiers se reis na boerderysukses

Die gebruik van die nuutste tegnologie en noukeurige boekhouding is boaan mnr. Mario en me. Karin Metzger se lys van doendinge in hul beesboerdery 100 km oos van Gobabis. Dit geld veral rekordhouding van elke bees.

Die egpaar boer al lank met kommersiële Simbras en Simbra-stoetbeeste – sowat 50% elk – en die boerdery word in ’n winter- en somerkudde verdeel.

Sedert hulle in 1998 hul beesboerdery op Karin se erfplaas, Molly, begin het, hou hulle noukeurig rekord van elke bees. Aanvanklik was dit op skrif, maar toe hulle in 1998 hul eerste skootrekenaar gekoop het, het Mario sy eie program geskryf.

In 2005 is die program NamLITS (Namibian Livestock Identification and Traceability System) deur die ministerie van landbou beskikbaar gestel. Sedert 2010 is elektroniese oorplaatjies verpligtend.

Die Metzgers is die eerste grootveewenner van die kompetisie wat deur die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) en die veevoermaatskappy Feedmaster aangebied word. Die prys word beurtelings aan ’n grootveeprodusent en ’n kleinveeprodusent oorhandig. Covid-19 het ’n tydelike oponthoud veroorsaak ná die kompetisie begin is met die aanwys van die beste kleinveeboer.

Benewens hul boerderyvennootskap is die Metzgers avonturiers van formaat. Nadat hulle eers vir ’n jaar in ’n biertuin in Duitsland gewerk en toe die wêreld vol getoer het, het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding