Landbouweekblad

Geen einde aan Namibiërs se rekordstelsel

Veeboerdery hoef nie stoetteling as basis te hê om uit te styg nie – dit kan ook met kruisrasskape eerbewyse inryg. Thorsten en Ursula Lüsse wat in die Kalahari boer, se aangepaste bont skaap met ’n sterk bouvorm en goeie loopvermoë is gesog en word van die veld af bemark.

Die Lüsses boer op Pommernhagen, 180 km suidoos van Windhoek tussen Nina en Leonardville, ’n tipiese Kalahariwoestynplaas waar die kruisrasskape goed pas. Hulle kruis drie skaaprasse om ’n basis van 60% Meatmaster, 20% Van Rooy en 20% wit Dorper te handhaaf.

Thorsten en Ursula het ook ’n kommersiële Bonsmara-kudde waarin rekordhouding net so ’n belangrike rol speel. Die beeste sorg vir sowat 33% van die boerdery-omset en die skape dra die res by.

Hulle het die eerbewys as Namibië se Kleinveeboer van die Jaar vir 2023 op die jaarkongres van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) in Windhoek ontvang. Dit word om die beurt afgewissel met beesboere, en in 2023 was dit die kleinveeboere se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh