Ek kyk onlangs heel per toeval ’n TV-program saam met my drie seuns. So ’n standaard-, vervelige Hollywood-affêre waar die lewe en almal se tande altyd perfek is. Ek’s verbaas hoe baie van die aksie ek nie so lekker verstaan nie — van die uitdrukkings, kulturele verwysings en sommer baie van die humor ook.
Dit is absoluut fassinerend dat my seuns nie my verwarring deel nie, en dit beaam