STEENBOK
21 DES – 20 JAN
Wees sag op jouself as jy ongewoon nie selfgeldend optree nie of geïntimideer voel deur skynbaar welsprekende of slim mense. Jy is van nature ’n taamlik onafhanklike en selfversekerde mens wat nie na ’n maat hoef te kyk vir bevestiging nie. Die teenoorgestelde kan vandeesweek geld, want jou geliefde kan onder die volmaan op die 7de kwesbaar voel en hulle tot jou wend vir gerusstelling en steun. Wees dus goedhartig.
GELUKKIGE NOMMERS
8, 14, 28, 36, 27, 9
DIE STEENBOK: FIKSHEID EN WELSTAND
▝ Ingesteldheid oor oefening: ’n Gereelde, gestruktureerde program pas jou.
▝ Voorkeuraktiwiteit: Rotsklim of langafstandhardloop.
▝ Jy sal kundige raad by ’n raadgewer kry.