Huisgenoot

Hoekom kan honde nie Afrikaans praat nie?

‘SKAAKMAT,” roep Palawa die kameelperd opgewonde. “Ek wen. Ek wen.”

“Maar hoe? Ek was seker ek gaan dié keer wen,” sê Paloeka die leeu met ’n vreeslike frons en kyk na die skaakbord voor hom.

Hul vriendin Bibi stap by die boomhuis in.

“Hallo, julle,” groet sy. “Ek hoop julle is reg vir ’n baie interessante vraag van die dag,” sê sy en glimlag breed.

Paloeka, wat steeds sit en frons, kyk op.

“Hallo Bibi. Ja, ja, ek is reg vir die vraag van die dag. Hierdie skaakspeletjie raak nou sommer vervelig,” sê hy.

“Wil een van julle raai wat die vraag is?” vra Bibi opgewonde.

“Oe, ja. Ja,” roep Palawa.

“Ek raai . . . Ek raai die vraag het iets te doen met die maan,” sê Palawa.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related