EK LEI nog altyd my lewe volgens logika. As ’n tiener het ek byvoorbeeld met my suster baklei oor die beste roete van die skool af huis toe.
Dit was dus onvermydelik dat ek dieselfde denkwyse sou toepas om die volmaakte roete na liefde te kry.
In my 20’s het ek gespot ek gaan wiskunde gebruik om die perfekte maat te vind. Ek het geredeneer daar moet tog sekerlik ’n wetenskaplike manier wees om “die een” te ontmoet, eerder as om op ’n partytjie met ’n wildvreemdeling ’n gesprek aan te knoop?
Maar nadat ek in my soektog na liefde die wiskunde van aanlyn afsprake deeglik ontleed het, het ek op die ou end nie my insigte gebruik nie. Pleks daarvan het ek en my man mekaar op ’n outydse toe-oë-afspraak ontmoet toe ek 28 was.
(Maar ons het darem wel wiskundige modellering toegepas om die tafelplan vir ons troue saam te stel.)
Sedertdien gebruik ek wiskundige kunsies om te help dat my lewe en my verhouding glad verloop, van die verdeling van huistake