Landbouweekblad

GEE DIE STOKKIE RÉG OOR

KORTOM

■ Mnr. André Brink van Groot Phesantekraal het ’n groot krisis beleef toe hy ná sy pa se dood sy sibbe moes uitkoop. Noudat die vyfde geslag op die plaas begin boer, met die sesde wat reeds op die werf speel, maak hy seker sy opvolgbeplanning is behoorlik gereed.

■ Die boerdery maak nie net voorsiening vir familielede wat tot die besigheid wil toetree nie, maar daar is ook ’n klousule om familielede te help wat ander geleenthede wil ontgin, sonder dat die boerdery benadeel word.

■ Brink glo in oop kommunikasie en skep meganismes om dit binne die familieraamwerk te bevorder.

Die landbou se beeld moet gunstig oorgedra word, glo Graan SA se Boer van die Jaar, mnr. André (Oubaas) Brink van Groot Phesantekraal naby Durbanville. “Veral nou in Suid-Afrika, waar daar soveel pessimisme is. Die landbou is tog wat die land aan die gang hou,” sê die gawe man met die priemende blou oë. Ons sit in sy kantoor in ’n buitegebou op die historiese werf van Groot Phesantekraal, wat al in 1698 aan Olof Bergh toegeken is. Dit het daarna aan die Louw-familie behoort voor Brink se transportryer-grootjie, Arend, die plaas in 1897 bekom het.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related