Huisgenoot

GESTREMD – EN O, SO MOOI

SOOS enige jong meisie het sy groot drome gehad. Trouens, vandat sy 11 jaar oud was, droom sy daarvan om eendag ’n model te word en aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie deel te neem – nes soveel ander mooi jong vroue.

Maar Tammy Terblanche (23) se situasie is heelwat moeiliker as dié van baie ander jong vroue.

Sommige mense kon dalk selfs stilweg dink haar droom van ’n skoonheidstitel sal ontwykend bly.

Weens die seldsame sindroom waarmee sy gebore is, is Tammy vandag serebraal gestremd. As ’n kwadrupleeg kan sy slegs met die hulp van ’n rolstoel oor die weg kom.

Boonop het die magdom medikasie wat sy die afgelope 22 jaar moes drink rooi vlekke oor haar gesig laat uitslaan en haar tande geel verkleur. Sy was in ’n stadium te skaam

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related