Huisgenoot

TA-DA! HIER’S DIE TOP-10

TOE Huisgenoot die Mej. Tiener-kompetisie begin bemark het, het ons gesê ons is op soek na ’n rolmodel vir ’n nuwe generasie jong mense. Iemand wat sjarmant en slim is. Iemand met deernis vir ander en hoop vir die toekoms. ’n Doener wat mooi is van buite én binne.

En hier is 10 beeldskone tieners van reg oor Suid-Afrika, wat elkeen ’n unieke storie en boodskap het.

Elkeen van hulle voldoen aan daardie beskrywing waarmee ons ons soektog begin het. Ja, hier is hulle uiteindelik, ná weke se gewag: die top-10-finaliste in Huisgenoot se Mej. Tiener-kompetisie van 2024.

Nou wil ons hoor wat julle, ons lesers, sê!

Besoek huisgenoot.com en stem vir jou gunstelingfinalis op ons spesiale stemblad.

Maar voor jy dít doen: Leer ken hulle saam met ons van nader.

Amy-Leigh Shirley (16), Hoërskool Montagu, Montagu

LEWENSLEUSE

Woorde dra krag.

Sy het haar voorgeneem vanjaar gaan sy haarself uitdaag en buite haar gemaksone beweeg, sê Amy-Leigh.

_amyleighshirley

Haar ma, Charlotte, wat ook haar beste vriendin en rolmodel is, het haar aangemoedig om vir die kompetisie in te skryf.

“As klein dogtertjie het my ma my altyd soos ’n prinses aangetrek, en dit is waar my passie vir mode en skoonheid begin het,” sê sy.

Toe sy sien sy het die top-30 van die kompetisie gehaal, was sy sprakeloos.

“Ek het van opgewondenheid begin bewe,” sê die donkerkop,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related