Landbouweekblad

OOR DIE KOLE

Gebraaide kruisskyfmet gerookte mossels en sampioen-en-sjerrieroomsous

Toe ek ’n kind was, was dit die maatstaf van deftigheid as daar carpetbaggersteak op ’n restaurant se spyskaart was. Dié resep het sy ontstaan in Wallis gehad en die steak is oorspronklik met oesters gestop. Later het sjefs begin om mossels pleks van oesters te gebruik, seker omdat oesters soveel duurder geword het.

• 2 kruisskywe (rump-steaks)
• 1 x 105 g-blikkie gerookte mossels of oesters in olie
• Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

SAMPIOEN-EN-SJERRIESOUS

• 250 g bruinsampioene, fyngesnipper
• 45 ml botter
• 125 ml sjerrie of ander gefortifiseerde wyn
• 250 ml room
• Paar tiemieblaartjies, om af te rond

Maak met ’n skerp mes ’n insnyding in elke kruisskyf om ’n sakkie te vorm, maar wees versigtig om nie te diep of dwarsdeur te sny nie. Dreineer die mossels of oesters goed, maar behou die olie uit die blikkie. Stop die holte wat jy in elke steak gesny het met die mossels of oesters. Steek die opening goed vas met peuselstokkies en maak seker die vulsel kan nie teen die kante van die opening uitval nie. Bedruip die vleis met ’n bietjie olie uit die mossel-of oesterblikkie en geur na smaak met sout en peper. Hou eenkant terwyl jy die sous maak.

Braai die sampioene in die botter in ’n pan tot gaar (jy kan dit ook oor die kole doen). Giet die sjerrie in die pan (versigtig, dit sal opvlam) en kook af tot daar sowat 60 ml vloeistof oor is. Giet die room by, roer liggies en verhit tot kookpunt. Prut tot die sous effens verdik is. Geur na smaak met sout, peper en tiemieblaartjies. Hou die sous eenkant warm terwyl jy die steaks oor warm kole braai tot gaar na smaak. Sit die steaks dadelik voor met groente of slaai van jou keuse en skep die sous oor. Lewer 2 groot porsies.

Gemarineerdelamstjops metswartpotaartappels

SWARTPOTAARTAPPELS

• 1 kg baba-aartappels
• Sout
• Olyfolie
• Paar takkies vars roosmaryn
• Varsgemaalde swartpeper na smaak

LAMSTJOPS

• 8 lamstjops• 45 ml vars suurlemoensap• 5 ml vars roosmaryn, baie fyn• 5 ml geroosterde fyn komyn• 5 ml vars pietersielie, baie fyn gekap• 1 knoffelhuisie, fyngedruk• Sout en swartpeper na smaak• Olyfolie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad6 min read
Wees Só Beter Voorbereid Op Elke Droogtestadium
Die meeste droogtebestuurspraktyke en hulppakkette in Suid-Afrika is nog baie reaktief, maar deur voorkomend op te tree, kan die nadelige gevolge van droogte op die landbou aansienlik verminder word. Daarom is dit nodig dat gebeurlikheidsplanne vir d
Landbouweekblad3 min read
Klopjagte: Klem Skuif Van Werkers Na Boere
TWEE polisievangwaens, drie polisiemotors en twee staatsvoertuie met vyf lede van die departement van binnelandse sake. Dít is die groep wat verlede week onverwags deur Kallie du Toit*, ’n aarbeiboer buite George, se plaashekke gery het om hom en sy
Landbouweekblad2 min read
Land Bank: Likwidateurs Verloor Appèlsaak
IN ’n saak wat al lank voortsleep, het likwidateurs van ’n egpaar van Bothaville bloedneus gekry oor onregmatige prosedures en ontbrekende skriftelike bewyse. Die likwidateurs se appèlaansoek in ’n likwidasiegeding van die Land Bank teen ’n boerdery

Related