Kuier

HELE GESIN WEG IN ÉÉN JAAR

Vroeër vanjaar het sy nog ywerig aan haar mondigwording aanstaande Maart begin beplan saam met haar ma, Juliet. En op haar beurt was Juliet kinderlik opgewonde oor haar enigste dogter se coming of age.

Maar Juliet het op 27 April gesterf ná ‘n twee jaar lange kankerstryd. En net vyf maande later, op 10 September, terwyl haar hart nog stukkend was oor die verlies van haar geliefde ma, het Angelique Billings (20) se ganse wêreld in duiegestort toe sy op een slag haar pa, twee broers en liefling-neef tragies in ‘n gru-ongeluk naby hul huis op Gouda in die Wes-Kaap verloor het.

Uit die Billings-gesin van vyf is Angelique nou die enigste oorblywende lid en boonop lê Kersfees nou sonder haar geliefdes voor, ‘n gesellige tyd waar gesinneen hartsmense saam feesvier.

Nee, niks gaan vanjaar verander nie, sê Angelique vasbeslote oor haar Kersplanne.“Ons het altyd Kersfees spandeer met familie en naasbestaandes, en ek beoog om vanjaar weer dieselfde te doen en dit deur te bring met familie en mense vir wie ekomgee en liefhet.”

Maar dit is inderdaad ‘n feit dat Kersfees nooit werklik weer vir Angelique dieselfde sal wees nie, want sy sal nie die pyn van haar geliefde ouers en broers kan wegwens nie.“Ek is baie hartseer, want die mense wat ek graag daar sou wou hê, is nie meer daar nie. Tog glo ek deur voort te bou op dit wat ons as gesin gedoen het, sal my vertroos.”

Op daardie noodlottige dag was

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou

Related