T-BEENSTEAK MET SWARTPEPERMARINADE
Hierdie eenvoudige marinade doen wondere vir beesvleis. Beesvleis van goeie gehalte het baie min nodig. Geen swaar souse of klewerige marinades is dus nodig nie, maar die geure van mosterd en swartpeper is nommerpas vir beesvleis en ’n smeersel daarvan komplementeer enige steak goed.
■ 1 T-beensteak per persoon, teen kamertemperatuur
■ 3 ml dijonmosterd per persoon
■ 3 ml varsgemaalde swartpeper per persoon
■ 15 ml suurlemoensap per persoon
■ Olyfolie
■ Sout na smaak
Sodra die steaks kamertemperatuur bereik het, meng die mosterd, swartpeper en suurlemoensap goed saam. Smeer elke steak liggies met die mengsel. Bedruip met