Landbouweekblad

Van krag tot krag deur die droogte

INLIGTING

Naam: Hartebeeshoek

Ligging: Aberdeen, Oos-Kaap

Grootte: 9 389 ha

Eienaarskap: Privaat/eenmansaak

Vertakkings: Wol, vleis en ramme

Veldtipe: Bossieveld

Reënval: Gemiddeld 250 mm, maar heelwat laer sedert 2015. In 2022 is heelwat meer reën gemeet.

KORTOM

■ Ondanks ’n moeilike begin kon dié jong boer tydens strawwe droogtetoestande in die Karoo uitbrei.

■ ’n Verandering in bestuurspraktyke met die gebruik van lamkampe tydens lamtyd het ’n aansienlike verbetering in speenpersentasie teweeg gebring.

■ Hy het belangrike boerderylesse en waardes by plaaslike boere geleer.

Dit was ’n moeilike wegspring toe mnr. Morné Fitzhenry van die plaas Hartebeeshoek naby Aberdeen in die Oos-Kaap 15 jaar gelede die plaasleisels moes oorneem. Sy pa is oorlede toe hy in graad 9 was en hy moes op 20-jarige ouderdom sy landboustudie staak om te gaan boer ná sy oupa gesê het die plaas gaan verkoop word indien niemand plaas toe gaan nie.

“Ek is ’n graaf gegee en ek het ’n tuin gebou, en sal dit graag vir my kinders wil nalaat.”

As 20-jarige op sy eie het hy voor sy kwota struikelblokke te staan gekom.

Sy ma het 700 Dorper-ooie geërf wat sy verkoop het toe sy Oudtshoorn toe getrek het, dus was die kudde baie klein en die speenpersentasie nie te waffers nie. Hy moes boonop huur betaal vir sy broer, James, se plaas, asook sy ma

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related