DIE WERKLIKHEID VAN BOER WEES
WENBRIEF Die besproeiingsplaas oorkant die pad word eersdaags op ’n veiling verkoop. Oor dekades is die plaas opgebou en verbeter. Die waarde van die plaas, die verbeterings en die los goedere behoort miljoene rande op die veiling in te bring.
Met die hulp van werkers, voormanne en plaasbestuurders word groente gekweek in hektare tonnels wat met skadunet bedek is. Die omset bedrae miljoene rande. Ten spyte van diefstal, onwettige betreding, loon- en grondeise word daar geswoeg en gesweet deur die boer en almal wat op die plaas werk om ’n bestaan te maak.
Die omstandighede het egter verander. Beheer en produksiekoste is in die hande van onsimpatieke leiers. Nadat