Huisgenoot

PLAASLIK EN plesierig

BROCCOLI-MOZZARELLA-en-SPEKHAPPIES

LEWER 20-22 HAPPIES / BEREIDING EN BAK: 30 MIN.

◗ 200 g broccolirys, sien wenk
◗ 1 k gerasperde mozzarellakaas
◗ 3 eiers, liggies geklits
◗ 2-3 spekrepe, brosgebraai en fyngekap
◗ 3 e (45 ml) klappermeel
◗ 2 e (10 ml) gerasperde parmesaanstylkaas of voedingsgis
◗ 1 t (15 ml) droë gemengde kruie
◗ 1 t (15 ml) knoffelpoeier of 1 knoffelhuisie, fyngekap
◗ ½ t (2,5 ml) mosterdpoeier
◗ ¼ t (1,25 ml) psilliumveselpoeier
◗ sout en swartpeper na smaak

1 Plaas al die bestanddele in ’n mengbak en meng met ’n houtlepel of vurk tot dit maklik in ’n bal gevorm kan word. Skep eetlepels vol van die mengsel uit en rol tussen jou palms in balletjies, ongeveer so groot soos tafel-tennisballetjies. (Voeg ’n bietjie klappermeel by as die mengsel te taai is.)

2 Versprei die happies op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak 18-20 min. in ’n voorverhitte oond by 190 ºC tot goudkleurig en bros alkante. Draai een keer in die bakproses. Sit warm of koel voor.

WENK

Om broccolirys of blomkoolrys te maak, zirts die stingels en blommetjies in ’n voedselverwerker of rasper dit aan die growwe kant van ’n boksrasper.

PESTOSTOKVIS MET KAAS in die pan gebak

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING EN BAK: 15 MIN.

◗ 2 e (30 ml) botter◗ 3 e (45 ml) olyfolie of avokado-olie, plus 1 e ekstra◗ 800 g stokvisfilette, by kamertemperatuur ontdooi◗ 1 knoffelhuisie, fyngedruk of fyngekap◗ 1 e (15 ml) visspeserye◗ sout en gemaalde swartpeper na smaak◗ ½ hoeveelheid elkedag-pesto, sien onder, of ½ k gekoopte pesto◗ 1 k gerasperde parmesaanstylkaas ◗ suurlemoenwiggies vir voorsit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related