Huisgenoot

Peulgroente is SMUL-KOS

KOESKOESSLAAI met JUGOBONE en oondgeroosterde groente

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. / GAARMAAK: 30-40 MIN.

MOSTERD-VINAIGRETTE

● 4 knoffelhuisies, fyngedruk
● 125 ml (½ k) olyfolie
● 250 ml (1 k) vars uitgedrukte suurlemoensap of houtverouderde balsemieke asyn
● 30-45 ml (2-3 e) klaarbereide mosterdpoeier
● sowat 60 ml (4 e) heuning of bruinsuiker
● sout en peper na smaak

BONE

● 250 ml (1 k) jugobone, oornag geweek
● sout

OONDGEROOSTERDE GROENTE

● 500 g Brusselse spruite, gehalveer indien groot
● halwe kop broccoli, in kleiner blommetjies gebreek
● olyfolie

SLAAI

● 250 ml (1 k) groenteaftreksel
● 250 ml (1 k) koeskoes
● 1 rooi-ui, in ringe gesny
● ’n hand vol bosbessies
● ’n hand vol pekanneute, grofgekap
● geroosterde sonneblomsade
● babaspinasieblare vir voorsit
● fetakaas vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 190 °C.

1 Mosterdvinaigrette Berei deur al die bestanddele goed saam te meng.

2 Bone Kook die bone tot sag in genoeg water, dreineer en geur met sout. Giet ’n derde van die vinaigrette oor terwyl nog warm en laat afkoel.

3 Oondgroente Pak die Brusselse spruite en broccoli in ’n oondbak en sprinkel ’n bietjie olie oor. Geur met sout en peper. Oondbraai sowat 20 min. tot effe verbruin. Giet ’n derde van die vinaigrette oor en laat afkoel.

Giet die groenteaftreksel oor die koeskoes en laat staan tot uitgeswel. Mikrogolf 1 min. lank

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related