‘AAA-tiesjoe!”
Palawa die kameelperd gee ’n harde nies.
“Hallo, Bibi. Hallo, Paloeka,” sê sy toe sy by die Babbelboomhuis instap. Sy het ’n groot bos blomme saamgebring.
“Atiesjoe,” nies sy weer.
“O, liewe aarde, ek weet glad nie wat met my aangaan nie. Ek wonder of ek dalk ’n kiem ingekry het. My arme neus. Atiesjoeeee.”
“Siestog, Palawa. Is jy oukei?” vra Bibi.
“Ja, ek voel nie sleg nie. Dis net my neus en oë wat so opswel en jeuk en brand. Dis aaklig. Dalk is dit omdat ek so laat gekattemaai het sonder my serp,” sê Palawa.
“Wat het jy saam met die katte gedoen?” vra