Landbouweekblad

Die saak vir die herstrukturering en herlewing van die Land Bank

Van 1910 tot 1994 was die omvang en impak van pogings deur die regering om landbouproduksie in Suid-Afrika te kommersialiseer, aansienlik. ’n Diepgaande ontleding van dié agt dekades se regeringsprogramme en begrotings toon duidelik dat pogings sedert 1994 om swart boere te kommersialiseer, dieselfde eenvoudige resep van ondersteuning en verantwoordbaarheid moes gevolg het wat daardie jare gekenmerk het. Dan sou ons waarskynlik nie elke vyf jaar planne moes beraam en maande aan “rondetafel-besprekings” moes wy nie.

Dit bring ons by die Land Bank, ’n uiters belangrike instelling ter ondersteuning van landbou-ontwikkeling. Saam met die bemarkingsrade, wat semi-staatsinstellings was, was die bank ’n sentrale deel van die stelsel van omvattende staatsteun aan die landbou.

Die Land Bank was altyd ’n stabiele instelling met ’n eng mandaat wat gekonsentreer het op verbandfinansiering () vir die verkryging van grond deur wit boere,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related