Landbouweekblad

‘Skuldinvordering moet ligte aanhou’

Die Land Bank het vroeër vanjaar aangedui hy maak hoofsaaklik staat op invorderings van kliënte se uitstaande skuld om die instelling se ligte aan te hou. Dié opmerking is in Mei gemaak toe die bank planne om uit sy finansiële verknorsing te kom, aan ’n parlementêre komitee voorgelê het.

Geen nuwe lenings word ook tans aan boere gegee nie, terwyl die bank konsentreer op skuldinvordering om uit sy benarde posisie te kom.

Van die bank se kliëntebasis van 4 179, is daar reeds sowat 1 012 wat aan regsprosesse en/of invordering onderworpe is.

Volgens die bank se voorlegging aan die gekose komitee oor finansies het die ingekontrakteerde leningportefeulje van tussengangervennote ’n beduidende vlak van nie-presterende lenings en onderpresterende lenings (76%).

Die bank het aan Landbouweekblad bevestig daar is reeds ’n strategie gereed om die stand van hierdie lenings te hanteer.

Mnr. Sydney Soundy, Land Bank se uitvoerende bestuurder vir strategie en kommunikasie, sê “gunstige vordering word met dié strategie getoon”.

Die invordering van veral onderpresterende lenings en die wyse waarop van hierdie sake hanteer word, veroorsaak ontevredenheid, krap boere om en sorg vir drama wat tot in die land se howe begin draai.

Die Land Bank word onder meer gekritiseer en beskuldig van aggressiewe boelietaktiek teen boere wat agterstallig geraak het met terugbetalings.

Agri SA het ook onlangs gewaarsku die situasie kan die land se voedselsekerheid in die gedrang bring indien boere nie kan produseer nie.

PRODUKSIELENINGS BEPERK

Hoewel die Land Bank se grootste klem sedert sy wanbetalingstatus is om bestaande kliënte met hoofsaaklik produksielenings te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit