Landbouweekblad

LAND BANK: DIE FORENSIESE FEITE

LAND BANK: DIE FORENSIESE FEITE
Sonder om vingers te wys, het ’n forensiese rekenmeester diep gaan grawe in die jaarverslae van die Land Bank se eens trotse geskiedenis tot waar hy markaandeel begin verloor het – en nou kwalik ’n wins toon. Waar en hoekom het dit ontspoor, en is die huidige ongewilde strategie geregverdig om sy leningsboek te herstel?

In 1911 het die landbou 21,4% tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) bygedra en boere was op die herstelpad ná die terugslae van die Anglo-Boere-oorlog en die droogtes wat daarop gevolg het. Min banke was egter bereid om krediet aan die landbousektor te verskaf weens die onstabiliteit van produksie, wisselvalligheid van pryse, die seisoenale aard van die besigheid-siklus, die stadige omset van kapitaal en die gevolglike lae opbrengskoers op beleggings. Boere was gevolglik van private leners en sommige kommersiële finansiële instellings afhanklik. Hulle het dit moeilik gevind om langtermynfinansiering vir boerderydoeleindes te bekom.

Suid-Afrika het dus ’n unieke finansiële instelling vir die landbou nodig gehad. Daarom het die regering die Grond- en Landboubankwet in 1912 aanvaar om die Land Bank te kon skep.

Vanaf sy ontstaan in 1912 het die Land Bank verbandlenings aan hoofsaaklik wit opkomende en kommersiële boere verskaf.

Met die aanbreek van demokrasie het die nuwe regering die Wet op Grond- en Landbou-ontwikkelingsbank van Suid-Afrika (Wet 15 van 2002) uitgevaardig wat ten doel gehad het om aan die inklusiewe behoeftes van die Suid-Afrikaanse samelewing in die landbousektor te voldoen.

Tans word die Land Bank steeds ten volle deur die Suid-Afrikaanse regering besit met ’n onafhanklike raad van direkteure wat deur die minister van finansies aangestel word en is verantwoordbaar aan die nasionale tesourie, wat die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh