KykNET / *144 / Weekdae 19:30
“Nooit in haar wildste drome het sy gedink dit sal gebeur nie,” sê die aktrise Odelle de Wet oor wat haar karakter Delia dink wanneer haar pa, Andries (André Odendaal), met haar babadogter, (Lily van Niekerk), verdwyn (16 Sep.). “Louis (Germandt Geldenhuys), Amalia se pa, se woorde klink in haar ore, (Ilana Cilliers), sy versorger is daar, en boonop bly hulle in die Kosterhuis waar daar ook ander oë is.” Maar die ergste het nou gebeur en al lyk dit asof Andries die skuldige is, sit iemand anders agter die hele storie en dis niemand anders nie as die sluwe Jonas (Jacques Gombault)!