BRAWE BOK-BOETA
Sep 09, 2022
5 minutes
Deur RICHARD VAN RENSBURG
LANGS die kantlyn skree al die ouers hulle hees, maar in die video styg een pa se stem bo almal s’n uit: “Dryf, dryyyf … mooi, Seuna, kom!”
Op die veld mik ’n agtjarige kannetjie in ’n blouwit- en-maroen rugbytrui met drie, vier teenstanders op sy hakke doellyn toe. “Gaan, Josh! Mooi!” kom dit van sy pa. En dan, toe die laaitie oorval en die drie plant: “Daarsy!”
Dis eers toe die klein rugbybreker opstaan dat die prostese regtig sigbaar word. Want Josh Adam skrum, hardloop, duik en skop die bal met dieselfde oorgawe en vaardigheid as sy maatjies van die Laerskool Gene Louw se o.8-spannetjies.
Wanneer jy met sy pa, Chester, en ma, Juanita, in hul huis in Durbanville praat, is dit duidelik hulle
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days