Huisgenoot

’N OLIFANT OP MY STOEP

WAT maak Frankie daar reg voor my hek? Ek het haar dopgehou – jy moes altyd ’n oog op Frankie hou. Sy was onvoorspelbaar. Jy het nooit heeltemal geweet wat die olifantmatriarg sou doen nie.

Sy het na die huis gedraai en ’n paar tree, lank en trots, gegee.

Dit het amper gelyk asof sy in my tuin loop, het ek met ’n koue rilling gedink. Maar dis onmoontlik. Daar het vyf elektriese drade oor die oop ingang op die grond gelê wat 8 000 volt elektrisiteit dra om die diere uit te hou. Daar was geen manier dat Frankie die grens kon oortree het nie.

Ek het nader gestap vir ’n beter uitsig. Het ek gedroom? Frankie was inderdaad in my tuin! Op die een of ander manier het sy oor die drade getrap – werk die elektrisiteit nie? – en tot by my huis gestap.

Ek kon nie glo wat ek sien nie. Dit was Julie 2018 – Frankie het in al die jare nog nooit in my tuin ingekom nie, en daar stap sy op ’n rustige, selfversekerde manier rond.

Sy het stadig na my toe gestap, een groot poot ná die ander, tot sy nie meer as ses meter van my deur af was nie. Frankie kon daardie deur met ’n tikkie van haar slurp omgeslaan het as sy wou.

Ek en Frankie het ’n spesiale – ietwat ingewikkelde – verhouding gehad. Twintig jaar tevore, kort nadat sy met die oorspronklike trop by Thula Thula aangekom het, het sy my en my man, Lawrence Anthony, amper doodgemaak toe ons haar op ’n raserige kwadfiets verras

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Verlede jaar was daar tussen 100 en 150 flaminke in Chili se Los Flamencos-reservaat, maar vanjaar is net 15 tot 20 van die voëls daar gewaar. Wetenskaplikes van die reservaat probeer nou met behulp van satelliete uitvind waarheen die res van die fla
Huisgenoot1 min read
Sy Ou Vlamme
Dié The Cosby Show-aktrise het in 1987 met Lenny getrou. Hulle is in 1991 uitmekaar. ’n Dogter, Zoë, is uit dié huwelik gebore en die ouerpaar is steeds na aan mekaar. In 1991 het hy kortstondig met die Australiese popsangeres uitgegaan. Die jaar 199

Related