Huisgenoot

‘LAAT HULLE HERLEEF’

ALLES het met ’n dooie skaap begin. Dié dier se kop, met sy manjifieke horings, het teen die muur van ’n museum in die Theodore Rooseveltpark in Noord-Dakota gehang so lank as wat Ben Novak kan onthou.

Dit is daar opgehang ter herdenking aan dié Amerikaanse president wat onthou word vir hoe baie hy vir natuurbewaring gedoen het.

Ben het naby dié nasionale park grootgeword. Hy het elke dag in die wildernis rondgeloop op soek na fossiele, en die dooie groothoringskaap teen die muur het nie juis sy aandag getrek nie – genoeg lewende skape het in die park tussen die bisons rondgeloop.

Tot Ben so 14 of 15 jaar oud was.

Hy vertel hy het toe die woorde op die gedenkplaat onder die opgestopte skaapkop gelees. En daar het hy uitgevind die groothoringskaap het eintlik jare vantevore uit dié gebied uitgesterf.

Kenners moes toe elders groothoringskape gaan soek en hulle in dié gebied kom vrylaat om die ekostelsel te laat herstel.

Ben het gewonder – as jy ’n dier na ’n streek kan invoer waar dit vroeër uitgesterf het, sal dit nie ook moontlik wees om spesies te laat herleef wat wêreldwyd uitgesterf het nie?

Hy het begin deur na die Amerikaanse trekduif te kyk. Dié voëlsoort het eens op ’n tyd so volop in die ooste van die VSA voorgekom dat hul swerms die son se strale kon blokkeer. Maar hulle is meedoënloos gejag, en in 1914 het hulle finaal uitgesterf.

“Mense het met daardie voëls

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot5 min read
Nog Aan Die Brand
MY PA is dood toe ek 17 was. Ek het skool gelos en begin boer. Met geen ondervinding nie. Op 23 het ek die plaas verloor. Ek het nie geweet waarnatoe nie. Selfs plaasvoorman probeer wees, maar dit het ook nie gewerk nie. Ek het niks geweet van boer n
Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f

Related