Die enigste ding wat beter is as ’n riller wat jou op die punt van jou stoel hou, is wanneer jy uitvind dis gegrond op ’n ware verhaal – en daar is dikwels ’n meegaande dokkie wat die skrikwekkende ware storie in diepte vertel. Die stroomdiens Showmax het talle losstaande en meegaande produksies wat wag om jou die stories van werklike misdaad te vertel, hoe die oortreders gevind en gearresteer is. Hier is ’n lys:
THE INVESTIGATION
Dié Skandinawiese minireeks van ses episodes ondersoek die grusame moord op die Sweedse joernalis Kim Wall. In 2017 het Kim ’n onderhoud gereël met die superryk Deense ingenieur-entrepreneur Peter