SARIE KOS

KOLWYNTJIEKAPITAAL

1 Wie is Christine Capendale?

’n Foodie wat daarvan hou om ander te inspireer – veral in die kombuis. Ek streef heeltyd daarna om myself te verbeter en nuwe goed te leer, is mal oor reis, huis mooimaak, tuinmaak. Maar die belangrikste van als, ek wil ’n goeie ma wees vir my kinders en ’n goeie vrou vir my man, Edwin.

2 Ek beskou jou as Suid-Afrika se nr. 1-bakker, niemand werk so presies soos jy nie. Wat is jou geheim?

Dit is ’n báie groot kompliment, veral van iemand wat ek bewonder! Ek hou nooit op om te leer nie. Ek het ’n BSc-graad in huishoudkunde wat my baie help om resepte te verstaan en te ontleed, en dan is ek ook mál oor bak en kook vandat ek kan onthou.

Ek vereenvoudig graag resepte en maak dit maklik vir ander om te bak. Bak is vir my ’n wonderlike manier om my kreatiwiteit en perfeksionisme te kombineer.

3 Waarom weet ek altyd jou resep werk?

Ek toets my resepte báie goed. Dit help dat ek ’n wetenskap-agtergrond het. Ek sien dadelik of ’n resep gaan werk of nie.

4 Wat is jou nr. 1-wenk om geld te maak uit bak?

Mense eet met hul oë – hoe beter dit lyk, hoe beter is die kans dat mense dit sal koop. Werk netjies en presies en maak seker dat jou gebak uitstaan.

5 Waarom bak jy?

Dit maak my so gelukkig om te bak; dis

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS7 min read
SAMPIOEN-KAMPIOEN Apteek In Die Kleine
● Sampioene, gesond en lekker● In quiche met net vyf ander bestanddele● Nuwe manier vir aartappelgebak Ötzi, die ysman wat sowat 5 300 jaar gelede geleef het, het ’n sampioen saam met hom na sy ysgraf geneem – ’n hulpmiddel om in Noord-Italië se Alp
SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.
SARIE KOS2 min read
Eet Gesond
Dis hoeveel minute sampioene moet kook om sag te word. Sou jy dit langer wou kook, of van die tyd vergeet, gaan dit nie toffietaai raak nie. Punt is: Vir sampioene se tekstuur om te verander, moet dit ’n volle 40 minute kook. Dis dan 57% taaier, mini

Related