PAMPOEN-EN-CHORIZO-PAPPARDELLE
Pappardelle is pasta-repe wat dikker as 1 cm gesny is. Ek sit dit graag voor omdat dit lekker tekstuur aan die gereg gee en die dikker repe die geur van die pasta vier. genoeg vir 6
BASIESE PASTADEEG 125 g (225 ml) koekmeel 125 g (225 ml) witbroodmeel, plus ekstra vir uitrol 30 ml olyfolie 1 eier, geklits en aangevul tot 100 ml met water
SOUS 500 g-sak pampoenblokkies 1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, fyngekap 6 salieblare, fyngekap 45 ml olyfolie, plus ekstra vir braai sout en varsgemaalde swartpeper 225 g chorizowors, in skywe gesny 500 ml room gerasperde parmesaankaas vir voorsit
Meng koekmeel en broodmeel en plaas in ’n hopie op jou werkvlak. Maak ’n holte in die middel en vul met olyfolie en eiermengsel. Gebruik