Landbouweekblad

Veeartse gaan veeboere ‘maak of breek’

Op die onlangse kongres van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) se kongres wat in Gqeberha aangebied is, het mnr. James Blignaut, tans lid van die wetenskaplike paneel van die Wêreldboere-organisasie, opgemerk dat die name van die mense wat die samelewing aan die gang hou, dikwels onbekend is, soos dié van veeartse.

“Wanneer jy na die voorblad van Landbouweekblad kyk en die bul of ram daarop bewonder, weet ons baie van die dier af, maar nie die naam van die veearts wat verantwoordelik is vir die gesondheid van die dier nie. Hulle is die pilare van die samelewing.”

Mnr. Gerhard Schutte, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) en die nasionale dieregesondheidsforum, het beklemtoon dat sy bedryf nie sal kan vorentoe gaan sonder veeartse wat dit ondersteun nie.

“Julle is die ruggraat van biosekerheid op plase. Maar ons benodig jul bydraes ook op nasionale en provinsiale vlak. Ons benodig jul kennis en julle kan gerus wees dat die gemeenskap opkyk na jul leierskap en om vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad1 min read
Algehele Uitverkoping Van Kyksim Simmentalers
Uitstekende beeste en teelmateriaal is op die algehele uitverkopingsveiling van Kyksim Simmentalers van Berrie Botha aangebied. Die veiling is op 13 April in die Outeniqua-veilingskompleks in George. Altesaam 115 diere is aangebied. Die hoogste prys
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related