DRIES KRUGER van Boksburg skryf: Ons was in Februarie 2022 in die Augrabies-waterval- nasionale park. Ons het die Maanrots – kaal, koepelvormige granietrotse – uitgeklim en hierdie deurskynende “vissies” in ’n vlak poel water gesien. Watse diertjies is dit en hoe kom dit daarbo?
GENEVIEVE MAASDORP, woor-voer-er van Sanparke, sê: Aneke Kruger, ’n meestersgraadstudent aan die Universiteit van die Vrystaat wat in plankton spesialiseer,