Huisgenoot

DRIE DEKADES LATER

DIT bly ’n sprokiesoomblik – om te sien hoe ’n jong vrou se lewe in ’n oogwink verander.

En toe sy presies 30 jaar gelede in haar wit aandrok op die verhoog by Sun City staan en hoor hoe haar naam in 1992 as die nuwe Mej. Suid-Afrika uitgeroep word, was dit vir Amy Kleinhans-Curd ’n oomblik van ontwaking – een waarheen sy haarself jare later steeds kan terugneem.

“Ek het so ’n besige kindertyd gehad en was ’n bietjie van ’n rabbedoe, maar inderwaarheid was ek ’n saadjie wat nog al die pad besig was om haar pad na die bogrond oop te druk,” vertel Amy vandag.

Sy is op 53 nog net so beeldskoon soos drie dekades gelede, en nog net so slank soos toe sy destyds in swemklere op die verhoog van die skoonheidskompetisie moes pronk.

“Die oomblik toe hulle my naam uitroep as die wenner, toe is ek soos ’n sonneblom wat haar gesig na die son draai,” voeg sy by oor die aand toe haar lewe verander het.

Haar jaar as Mej. Suid-Afrika was ook op ’n persoonlike vlak ’n grote, want dit was ook in dié jaar dat sy die liefde van haar lewe, die Nieu-Seelandse sakeman Leighton Curd (61), ontmoet het.

Vanjaar is hulle al 28 jaar getroud

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related