Huisgenoot

SÓ SMAAK MY LOOPBAAN

WARM AARTAPPELSLAAI

Geen braai in Suid-Afrika is volmaak sonder braaibroodjies en aartappelslaai nie. In die Kalahari, waar ek grootgeword het, het ons winter en somer in die reën of wind gebraai – daar was altyd iewers ’n braaivleisvuur aan die gang. My ma het dié slaai gemaak vir koue aande se braai. Jy kan dit ook koud voorsit, indien verkies.

GENOEG VIR 6-8 MENSE

GAARMAAK: 35 MIN.

◗ 1,4 kg baba-aartappels
◗ 250 ml (1 k) olyfolie die sap en skil van 3 suurlemoene
◗ 60 ml (¼ k) heuning
◗ 60 ml (¼ k) heelkorrelmosterd
◗ ’n hand vol platblaarpietersielie, fyngekap
◗ 250 g repiespek, fyngesny
◗ sout en vars gemaalde swartpeper

VIR VOORSIT

slaaiblare van jou keuse

1 Plaas die baba-aartappels ongeskil in ’n groot kastrol en bedek met koue water. (Sit knolgroente altyd in koue water op.)

2 Bring tot kookpunt en laat kook 15-20 min. of tot die aartappels sag maar nie pap is nie.

3 Maak intussen die slaaisous: Meng die olyfolie, suurlemoensap en -skil, heuning, mosterd en pietersielie met ’n draadklitser in ’n middelslagmengbak.

Braai die spek in ’n droë braaipan tot goudbruin en bros. Spek het genoeg

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related