Huisgenoot

PERFEKTE PEUSELHAPPIES

BORSJT

GENOEG VIR 6-8 MENSE

BEREIDING: 20 MIN.

GAARMAAK: 40 MIN.

LAAT STAAN: 4 UUR OF OORNAG

◗ olyfolie vir braai
◗ 2 uie, geskil en gekap
◗ 3 preie, gewas en gekap
◗ 3 wortels, geskil en gekap
◗ 6 knoffelhuisies, geskil en fyngedruk
◗ 200 g repiespek, gekap
◗ 1 kg beet, geskil en in blokkies gesny
◗ 2 L (8 k) bereide hoender-aftreksel
◗ 250 ml (1 k) suurroom of crème fraîche
◗ sout en peper na smaak dungesnyde rooikool en pienk radyse vir voorsit

1 Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot kastrol en braai die uie, preie, wortels, knoffel, spek en beet oor matige hitte tot goed bruin.

2 Voeg die aftreksel by en laat kook tot al die groente sag is (sowat 30 min.).

3 Voeg die suurroom of crème fraîche by en geur na smaak. Klits tot glad en laat afkoel. Laat 4 uur of oornag verkoel.

4 Sit die sop saam met die rooikool en radyse voor. Garneer soos verkies.

WENKE

● Om groen borsjt te maak, vervang die beet met 1 kg spinasiebeet (Swiss chard). Jy kan selfs ’n paar suringblare bysit wanneer dit in 
seisoen is.

● Borsjt is veral lekker saam met geroosterde rogbrood of enige ander brood van donker meel met ’n sterk melassegeur.

TANNIE WINNIE SE HOENDERLEWER-PATEE

GENOEG VIR 6-8 MENSE

BEREIDING: 20 MIN.

GAARMAAK: 1 UUR

LAAT STAAN: 4 UUR OF OORNAG

◗ 250 g hoenderlewer, skoongemaak◗ 1 ui, gekap◗ 250 g botter, plus ’n bietjie ekstra, gesmelt◗ 1 lourierblaar◗ 3 heel naeltjies◗ sout, peper en Aromat na smaak◗ 25 ml (5 t) brandewyn van goeie gehalte◗ 25 ml (5 t) gekapte vars pietersielie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related