Huisgenoot

AARDJIE NA SY VAARTJIE

DALK is dit sy lang, lenige lyf of sy donkerbruin hare en soel vel … Waar hy sy hart op die sportveld uitspeel, lyk die 18-jarige Suid-Afrikaner net soos ’n Europese sokkerspeler, een met sy Italiaanse oupa se bloed in sy are. Maar sien jy die doelgerigte kyk in sy oë, is hy onmiskenbaar sy pa se seun.

As die seun van die rugbyheld wyle Joost van der Westhuizen en die sangeres Amor Vittone het Jordan van der Westhuizen voor Suid-Afrikaners se oë grootgeword.

“Dit het my nooit gepla dat my ouers bekend is nie. Al wat ek weet, is dat ek die beste wil wees wat ek kan wees, vir wie ek is en nie oor wie my ouers was nie,” sê Jordan in sy eerste eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot vanuit Valencia, Spanje.

Daar in die Spaanse stad met sy bekoorlike ou geboue en Mediterreense strande het hy kort voor sy 18de verjaardag in Januarie by die Valencia-sokkerakademie aangesluit. Aanvanklik sou dit net twee weke wees, maar hul bestuur en afrigters was so beïndruk met sy spel en vaardighede dat hulle hom gevra het om minstens tot die einde van die jaar daar te bly.

“Ek kon dit nie glo nie, want dit was nog altyd my droom om in Europa sokker te speel, en nou het dit waar geword,” sê hy.

Die paadjie wat hy tot hier uitgekerf

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related