Landbouweekblad

‘Tien uit tien bestaan nie’

Op laerskool, daar op Tarkastad (“iewers tussen Queenstown en Cradock in die Oos-Kaap”), het mnr. Sean Walsh nie eens wiskunde gehad nie. Vandag, waar hy die afgelope tien jaar aan die hoof staan van Kaap Agri Beperk, háát mense dit as die man-sonder-laerskool-wiskunde ’n tabel só bekyk, sy wysvinger oor die sessyfer-getalle laat gly terwyl hy dit in sy kop optel, en dadelik kan sê as ’n formule verkeerd is.

Hy lag lank en hartlik, dié man wat op sy dag ook in die Drakensbergse seunskoor gesing het. Die spiere in sy syferbrein het hy geoefen daar in sy pa se algemene handelaarsaak op Tarkastad.

“Ek het my eerste fiets einde graad 11 gekry nadat ek drie jaar in my pa se winkel daarvoor moes werk. Ek dink dit was die eerste resiesfiets op Tarkastad!”

Hy is beslis nie ’n millenniër wat geregtig voel op enigiets nie, voeg hy by.

“Ek dink ek was in my eerste jaar op universiteit toe my ma my vra: ‘Nou wat is jou ambisie in die lewe?’ Ek sê toe ek wil ’n BMW ry, dit moet nie nodig wees dat my vrou werk nie, en ek wil darem ’n ordentlike huis hê. As jy eers besluit het wat jy wil bereik, werk jy daaraan en jy kry dit klaar. Ek dink op 27 het ek al my tweede BMW gery en toe werk my vrou nie meer nie,” sê hy, sonder ’n sweem van spog.

“Maar as jy dit reggekry het,,” vertel hy op daardie tipiese Oos-Kaapse manier waar Afrikaans en Engels naatloos in mekaar vloei.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh

Related