Weg! Platteland

Die kuns van lekker leef

Skaars 14 km wes van Witrivier, op die Brondalpad, lê ’n kleinhoewe van 4ha knus tussen plase waar macadamias, avokado’s, suurlemoene en tilapia verbou word. Nadat jy deur die hek van The Artists’ Press is, verskyn ’n ateljee aan jou linkerkant. Dan ’n stewige dam, roerloos onder ’n blaredak. Versteek tussen die groenigheid staan die hoofhuis en Waterfield, die gastehuis… en ágter die gebou wag die paradys in die vorm van ’n vrugte-en-groentewoud.

“Ons het macadamias, pekanneute, mango’s, druiwe, piesangs, koejawels, granate, pynappels, stervrugte, appels, lietsjies, draakvrugte, kaneel en peperbasbome, om maar enkeles te noem,” rits Tamar Mason dit af terwyl Moya, die bruingestreepte windhond, en Lima, die nuweling, ons stertswaaiend inwag. Emma, die jack russell, en Doddo, die kat, is ou siele en is effens meer besadig.

“Ons plant watter groente ook al die seisoen in die Laeveld aard – omtrent die helfte van ons kos kom uit die tuin.”

Een van die redes waarom Tamar en haar ander helfte, Mark Attwood, Laeveld toe getrek het, was om meer volhoubaar te leef en “van die dolle gejaag van die Johannesburgse middestad” af weg te kom.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi
Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland10 min read
Ware Rus… Langs Die waters Van Sabie
‘Ek het al voorheen in my lewe perde gehad, maar vanjaar het ek die meeste tyd nóg in die geselskap van hierdie manjifieke diere deurgebring. Hulle is nie net kalmerend nie, maar ook ’n bietjie soos ’n spieël – hulle wys jou ware emosies vir jou,” sê

Related