Landbouweekblad

ONTVANKLIK VIR KENNIS

KORTOM

■ Nadat sy in 2009 aanvanklik in ’n plaaskantoor-ontvangspos by die Canelandslandgoed begin werk het, help me. Tammy Williams nou om dié boerdery se piesangen makadamia-vertakkings te bestuur.

■ Williams steun op verskeie vertroude bronne – van gekwalifiseerde kundiges tot ervare plaaswerkers.

■ Met die bystand van ander mense ontwikkel sy ’n omgewingsvriendeliker bestuurstelsel vir plae en siektes in die piesangplantasies en makadamiaboorde.

LIGGING KWAZULU-NATAL

INLIGTING

Plaasligging:

Iqadi

Naam: Canelandslandgoed

Jy kan jou vroulikheid handhaaf en geniet – én pens en pootjies betrokke wees by die dikwels harde en vuil fisieke werk wat dit verg om boerderybedrywighede te bestuur. Só meen me. Tammy Williams (38), KwaZulu-Natal se Jongboer van die Jaar, die eerste vrou wat dié eerbewys in die provinsie ontvang. Die beoordelaars was veral beïndruk met haar vasbeslotenheid, wat blyk uit die feit dat sy alles wat sy nou van boerdery weet, van grondvlak af geleer het.

Williams is in 2009 in ’n ontvangspos aangestel op die Canelands-landgoed in die halflandelike distrik Iqadi, noord van Durban. Canelands bestaan uit verskeie individuele plase en in daardie stadium was suikerriet en piesangs die boerdery se hoofvertakkings.

As sy nou aan daardie tyd terugdink, sê sy laggend hoe vinnig basiese ontvangswerk in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad6 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com In die vorige bedeling kon Eskom met ervare bestuur met gemak elke dag 40 000 MW krag opwek en lewer. Intussen het Suid-Afrika se ekonomie gegroei en het die land se bevolking in 30 jaar meer as verd
Landbouweekblad7 min read
Uitgeknip Vir Skaapskeersukses
Direk uit isiXhosa vertaal, beteken siza kuyenza (sowenza) umsebenzi “ons sal die werk doen”. Die man agter die suksesvolle skeerdiens Sowenza Umsebenzi Sheep Shearing Services is Isaac Ndlongwane – ’n ware entrepreneur en iemand wat verstaan hoe om
Landbouweekblad2 min read
Vir Jou Maak AFGRI ’n Plan
Sedert die vroeë jare van die Nampo-oesdag se bestaan is AFGRI daar om sy landbou-oplossings na die boer te bring. “Vir ons is dit belangrik om jaar ná jaar op die Nampo-oesdag te wees sodat ons ons netwerke met ons klante kan versterk. Dit gee ons o